Skip to content

Departement van Water hou Vaaldam vol te midde van onsekerheid oor reën

# Die Departement van Water en Sanitasie sal tot in die somer hoë watervlakke in die Vaaldam handhaaf, te midde van voorspellings oor matige tot minder as die gewone reënval in sentraal-Suid-Afrika. Die dam is tans op 106,3-persent kapasiteit. Die departement sê dié proaktiewe maatreël bied watersekerheid in Gauteng en in die Vrystaat. Ander belangrike reservoirs soos Bloemhof en Sterkfontein bly ook oor 99-persent vol. Owerhede versoek die publiek om, ondanks die oorvloed, water spaarsamig te gebruik as gevolg van die uitwerking van klimaatsverandering.