Skip to content

Departement van Water begin met raadpleging oor 2026/27 rouwatergebruikstariewe

# Die Departement van Water en Sanitasie het begin met openbare raadpleging oor voorgestelde rouwatergebruikstariewe vir die 2026/27 boekjaar. Die departement sê die proses het ten doel om te verseker gebruikers, insluitend landbou, nywerheid, myne en huishoudings, betaal vir waterhulpbronbestuur, infrastruktuur en navorsing. Tariewe dek ontginning, waterafskeiding en onverbruikbare water. Die hersiene prys-strategie sal volhoubaarheid en billikheid bevorder met die toepassing van ‘n vebruiker-betaal- en besoedelaar-betaal-beginsel. Besluite oor die tarief sal volg nadat belanghebbendes insette gelewer het en daarna aan minister Pemmy Majodina voorgelê word vir goedkeuring.