# Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se bevindings teen die omstrede mediapersoonlikheid Ngizwe Mchunu verwelkom. Hy het verlede maand ‘n video aanlyn geplaas waarin hy vernederende opmerkings maak nadat foto’s van ‘n gay paartjie wat in tradisionele drag getrou het aanlyn geplaas is. Die kommissie het bevind Mchunu se homofobiese opmerkings is prima facie skending van die Gelykheidswet. Die department sê hy loof die kommissie vir die handhawing van grondwetlike waardes van waardigheid, nie-diskriminasie en gelykheid.
Departement van Vroue en Jeug verwelkom menseregtekommissie se bevindings teen Ngizwe Mchunu