# Die Departement van Verdediging sê die oorbesteding aan salarisse is die gevolg van begrotingsbeperkings, nie finansiële wanbestuur of ‘n opgeblase administrasie nie. Die departement se vergoedingsbegroting is met ongeveer 3,7-miljard-rand oorskry, ‘n tekort van meer as 13-miljard-rand oor die volgende drie jaar. Die departement het tans 72-duisend-en-95 personeellede, wat tot 79-duisend-349 styg wanneer die reserwemag ingesluit word. Die finansiële hoof, Edem Abotsi, waarsku volgende jaar se oorbesteding gaan 4,1-miljard-rand beloop as die Nasionale Tesourie nie die departement meer geld gee nie.
Departement van Verdediging sê hy benodig meer geld van die Tesourie