# ActionSA het die Departement van Verdediging en Militêre Veterane gekritiseer oor reiskoste van meer as 20-miljoen-rand. Minister Angie Motshekga het in ʼn geskrewe antwoord op ʼn vraag in die Parlement ʼn uiteensetting gegee van hoe sy, haar twee adjunkte en ondersteuningspersoneel belastingbetalers se geld op 22 internasionale reise na Rusland, Angola, China, Saoedi-Arabië, Frankryk en ander lande bestee het. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die regering vergryp hom aan luukshede terwyl soldate, wat hul lewens in gevaarstel, die mees basiese ondersteuning ontsê word.
Departement van Verdediging gekritiseer oor reiskoste van R20-miljoen