Skip to content

Departement van Justisie bevestig meer as R80-miljoen in onopgeëiste kinderonderhoud

# Die Departement van Justisie het ‘n landwye opsporingsveldtog begin om die begunstigdes van meer as 80-miljoen-rand se kinderonderhoud op te spoor. Minister Mmamoloko Kubayi het ‘n beroep op ouers gedoen om hul geld te eis aangesien fondse dikwels nie afgehaal word nie. Die departement wil betalings bespoedig deur dit direk in kinders se bankrekeninge te betaal om die las op sukkelende gesinne te verlig.