Skip to content

Departement van Gesondheid waarsku die publiek teen vals KI-video oor COVID-19 entstowwe

# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, doen ‘n beroep op die publiek om nagemaakte medisyne te vermy nadat ‘n vals video beweer het dat COVID-19 entstof negatiewe gevolge het. Die Nasionale Department van Gesondheid waarsku die publiek dat die video wat met kunsmatige intelligensie gemaak is, misleidend is. Woordvoerder van die minister, Sello Lediga, sê Motsoaledi moedig almal aan om lewensreddende entstowwe wat deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte goedgekeur is, te aanvaar en by die stryd teen waninligting aan te sluit.