Skip to content

Departement van Arbeid neem indiensnemingsdienste na Soweto

# Die Departement van Indiensneming en Arbeid help dié week werksoekers met registrasie in Soweto, Gauteng. Die veldtog vind vandag plaas in Uncle Tom’s-saal en môre in Bapedi-saal. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, moedig werkloses, sowel as diegene wat alternatiewe werk soek, aan om op die stelsel vir Openbare Indiensnemingsdienste te registreer en hul kwalifikasies en kontakbesonderhede by te werk. Hy sê dienste met betrekking tot die Werkloosheidsversekeringsfonds, die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -Siektes, asook arbeidsinspeksiedienste, sal ook beskikbaar wees.