# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die regering sal beslissend optree om die oppergesag van die reg by Knoflokskraal in die Wes-Kaap te herstel. Die minister het ‘n gestruktureerde plan saamgestel wat jare se onwettige besetting, intimidasie en beweerde misdaad wat onwettige grondverkope insluit. Die gekoördineerde benadering sal nou fokus op inperking, maatskaplike fasilitering, gemeenskapsbetrokkenheid en sterker wetstoepassing. Hy sê die oppergesag van die reg kan nie sonder gevolge herstel word nie, en die regering moet optree om staatsgrond terug te eis.
Dean Macpherson vra vir maatskaplike fasilitering om wet en orde by Knoflokskraal te herstel