# Die DA in Gauteng waarsku kankerpasiënte se lewens is in gevaar weens ernstige vertragings by die laboratorium vir anatomiese patologie in Johannesburg. Die DA se gesondheidswoordvoerder in Gauteng, Jack Bloom, sê daar is slegs drie van die 19 patoloë oor met 12-duisend onverwerkte monsters. Die laboratorium boer agteruit weens personeel wat bedank en wanbestuur. Bloom waarsku dringende biopsie-uitslae wat voorheen dae geneem het, neem nou maande, wat beteken dokters is nie in staat om met behandeling te begin nie:
DA waarsku Gautengse kankerpasiënte in gevaar weens biopsie-vertragings [KLANK]
ENG-BloomOnCancer