# Die DA sê die verspreiding van onwettige vuurwapens blaas ‘n vlaag van dodelike geweld in die Wes-Kaap aan. Dit volg na massaskietvoorvalle in Kuilsrivier en Franschhoek oor die naweek waarin sewe mense dood is. Die party voer aan vuurwapens oorstroom steeds die gemeenskappe. Benedicta van Minnen van die DA doen ‘n beroep op uitgebreide polisiëringsmagte vir bekwame provinsiale en plaaslike owerhede om te help om onwettige vuurwapens en georganiseerde misdaad aan te pak: