# Die DA het president Cyril Ramaphosa gevra om nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola te skors en ‘n amptelike ondersoek te gelas na sy geskiktheid vir die posisie. Hy word strafregtelik vervolg weens ‘n polisietender van 360-miljoen-rand aan Medicare24. Masemola het vanoggend in die Pretoriase Landdroshof verskyn. DA-leier Geordin Hill-Lewis waarsku voortgesette onsekerheid onder polisiebestuur verswak openbare vertroue, en beslissende optrede is nodig om geloofwaardigheid en bestendigheid binne wetstoepassing te herstel.
DA vra Ramaphosa om polisiekommissaris te skors na strafregtelike aanklagte