Skip to content

DA vra Ramaphosa om minister Nkabane onmiddellik af te dank nadat sy Parlement twee keer mislei het

# Die DA vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, onmiddellik af te dank en beskuldig haar daarvan dat sy twee keer vir die Parlement leuens vertel het. Die party sê in ‘n ope brief sy het die Parlement mislei om haar rol met die aanstelling van ANC-kaders in die rade van Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede te verberg. Karabo Khakhau van die DA sê die minister het ook vals aangedui dat advokaat Terry Motau die keuringspaneel gelei het, wat hy ontken het.