Skip to content

DA vra dat geskorste Ekurhuleni adjunkpolisiehoof Mkhwanazi afgedank word na sy vierde arrestasie [KLANK]

# Die DA in Gauteng sê die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, moet onmiddellik afgedank word. Hy en vier ander is gister in hegtenis geneem in verband met die moord op Emmanuel Mbense in 2022. Mbense is na bewering in Brakpan doodgemartel voordat sy liggaam in ‘n dam gegooi is. Dit is die vierde keer in vier maande dat Mkhwanazi strafregtelike aanklagte in die gesig staar. Khathutshelo Rasilingwane van die DA sê openbare vertroue in die regstelsel vereis dat aanspreeklikheid nie langer uitgestel word nie:

ENG RasilingwaneOnMkhwanazi