Skip to content

DA vol vertroue dat Mlambo die regbank en die oppergesag van die reg sal help versterk

# Die DA sê die Suid-Afrikaanse Regbank het nou meer as ooit tevore sterk leierskap nodig, met die bedreiging van wetteloosheid wat hoogty vier. Dit volg op die aanstelling van regter Dunstan Mlambo as adjunkhoofregter. Glynnis Breytenbach van die DA sê Mlambo sal ‘n deurslaggewende rol speel om hoofregter Mandisa Maya te ondersteun in die vervulling van haar mandaat om ‘n sterk en bekwame regbank te bou. Sy sê hulle het volle vertroue dat Mlambo se onwrikbare benadering tot geregtigheid en billikheid deur die regbank sal uitkring.