# Die DA-leier Geordin Hill-Lewis het ‘n historiese deurbraak vir die party gevier na ‘n oorwinning in Mfuleni, ‘n gemeenskap waar die DA voorheen net een-persent van die stemme gekry het. Tydens die bekendstelling van die party se kieserregistrasieveldtog in Tshwane het Hill-Lewis gesê onlangse verkiesingsoorwinnings in Mfuleni, Everton en Makishamalala is ‘n keerpunt in die Suid-Afrikaanse politiek. Hy het die uitslag beskryf as bewys van groeiende steun buite die DA se tradisionele kiesersbasis:
DA vier deurbraak-ondersteuning in township-verkiesing [KLANK]
ENG-Hill-LewisOnTownships