Skip to content

DA verwerp voorstel om ‘n adjunk-federale leier aan te stel

# Afgevaardigdes by die DA se verkiesingskongres het ‘n voorstel verwerp om ‘n adjunk-federale leier aan te stel. Die voorstel om die party se grondwet te wysig, wat deur Gauteng se Pogiso Mthumunye ingedien is, het 50,08-persent van die stemme ontvang, wat minder as die vereiste drumpel van 66-persent. Mthumunye glo die posisie is nodig om die federale leier te help, veral aangesien die party nou in die regering van nasionale eenheid is. Verskeie senior DA-leiers het egter aangevoer die federale voorsitter, gegewe hul verantwoordelikhede, dien reeds effektief as die party se nommer twee.