# Die DA sê die Wes-Kaapse regering is besig om sy maatreëls te verskerp vir die beskerming van amptenare te midde van toenemende kapings van staatsvoertuie. Die departemente van Gesondheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Onderwys was van April 2022 tot verlede maand die meeste geteiken, met byna 95-persent van die voorvalle wat gewelddadig was. Nomafrench Mbombo van die DA sê die Departement van Mobiliteit het nog veiligheidsmaatreëls ingestel soos 24-uur-opsporing, die verwydering van departementele kentekens van voertuie, verbeterde sekuriteit en polisiebegeleiding in hoërisiko-gebiede.
DA verwelkom Wes-Kaap se nuwe veiligheidsplan vir amptenare met kapings van staatsvoertuie wat skerp styg