Skip to content

DA verwelkom Verkiesingskommissie se ondersoek na skenkings aan ANC en Rise Mzansi

# Die DA verwelkom die Verkiesingskommissie se ondersoek na finansiële skenkings aan die ANC en Rise Mzansi. Die ANC het versuim om 770-duisend-rand se skenkings betyds te verklaar. Die kommissie stel ook ondersoek in na ʼn donasie van 30-miljoen-rand aan Rise Mzansi wat van ʼn lening omgeskakel is. Die DA sê die Wet op die Finansiering van Politieke Partye bestaan om seker te maak Suid-Afrikaners weet wie politieke partye befonds. Hy sê partye wat nie vertrou kan word om eerlik oor hul skenkers te wees nie, kan nie vertrou word om eerlik te regeer nie.