# Die DA in Mpumalanga het die provinsiale regering se plan verwelkom, om sy eie laboratorium vir DNS-toetsing te bou. Die laboratorium sal gebruik word om die agterstand met toetsing in te haal en doeltreffendheid met misdaadondersoeke te verbeter. DNS-monsters word tans na die Nasionale Forensiese Laboratorium in Pretoria gestuur. Suid-Afrika het ‘n agterstand van meer as 140-duisend uitstaande DNS-toetse as gevolg van onvoldoende toerusting. Die DA sê die provinsiale regering het alreeds ‘n perseel vir die laboratorium geïdentifiseer.
DA verwelkom positiewe ontwikkeling in Mpumalanga om sy eie forensiese laboratorium te bou