# Die DA het die skuldigbevinding van adjunkpresident Paul Mashatile deur die Parlementêre Gesamentlike Etiekkomitee verwelkom. Die komitee het beslis die Nasionale Vergadering moet Mashatile berispe en ‘n boete van tienduisend-rand oplê. Dit is vir sy versuim om ‘n diamantgeskenk aan sy vrou in sy finansiële en registreerbare belangeregister te verklaar. Die geskenk was van die sakeman Louis Liebenberg. Die DA sê die etiekverslag laat meer vrae as antwoorde, insluitend watter ander geskenke Mashatile en sy vrou van Liebenberg ontvang het, asook die waarde van die diamant.
DA verwelkom parlementêre etiekkomitee se bevinding teen Mashatile