# Die DA sê Statistiek Suid-Afrika se 2024/2025-opname oor bestuur, openbare veiligheid en justisie toon landburgers gaan toenemend gebuk onder geweldsmisdaad. Volgens die opname is diefstal van persoonlike eiendom die mees algemene misdaad wat Suid-Afrikaanse individue raak, maar sowat 70-persent van die slagoffers verkies om nie die misdaad aan te meld nie. Slegs 36,1-persent Suid-Afrikaners voel dis veilig om snags in hulle eie gemeenskappe alleen te loop. Lisa Schickerling van die DA sê die SAPD versuim om doeltreffende polisiëring te bied:
DA veroordeel SAPD se onvermoë om hul werk doeltreffend te doen [KLANK]
AFR SchickerlingOnCrime