# Die DA het die Parlement se Portefeuljekomitee oor Vervoer gekritiseer omdat hy die geskorste uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, tydens ‘n spesiale sitting ‘n spreekbeurt gegee het. Die DA-lid, Thami Mabhena, beweer die voorsitter van die komitee, Selelo Donald Selamolela, het hierdeur behoorlike toesig ondermyn en ‘n politieke sirkus veroorsaak. Hy sê die DA het ‘n formele klagte ingedien en eis ‘n herbevestiging van protokol om die toekomstige manipulering van parlementêre prosesse te voorkom.
DA veroordeel Padongelukkefonds toesig-debakel in Parlement