# Die DA het die speaker van die raad in Emfuleni, Sibongile Soxuza, veroordeel omdat hy meer as 600-duisend-rand aan sokkertoernooie bestee het terwyl dienslewering in duie stort. Die DA-lid, Kingsol Chabalala, sê inwoners ly weens swak leierskap en finansiële wanbestuur. Daar is aan die lig gebring dat die speaker se kantoor oor drie jaar openbare fondse gebruik het, ten spyte van pryse wat geskenk is. Hy voer aan die fondse moes plaaslike sportinfrastruktuur verbeter, nie tydelike geleenthede nie:
DA veroordeel Emfuleni-speaker se R600 000 sokkertoernooi te midde van diensleweringskrisis [KLANK]
ENG-ChabalalaOnSpeaker