# Die DA in Tshwane het burgemeester Nasiphi Moya se ondersoek na die ANC-adjunkburgemeester, Eugene Modise, verwelkom nadat die DA aangeding het op ‘n forensiese ondersoek. Jacqui Uys van die DA sê hulle was bekommerd oor Modise se verbintenis met Triotic Protection Services, wat ‘n munisipale tender gekry het al skuld hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens 59-miljoen-rand. Sy dring aan op ‘n volledige ondersoek om vas te stel of Modise steeds finansiële voordeel uit die maatskappy trek:
DA Tshwane verwelkom ondersoek na ANC-adjunkburgemeester se vermeende tenderkorrupsie [KLANK]
AFR-UysOnModise