Skip to content

DA striem Stad Tshwane se appèl teen onregmatige skoonmaakheffing

# Die DA het die Stad Tshwane gestriem oor sy besluit om te appelleer teen die Gautengse Hooggeregshof se beslissing dat die maandelikse skoonmaakheffing van 194-rand onregmatig en ongeldig is. AfriForum het in die hof aangevoer die heffing is ʼn onregverdige dubbele belasting op dienste wat nie gelewer word nie. Die metro voer aan die heffing is nie dubbele belasting nie, maar ʼn regverdige bydrae. Jacqui Uys van die DA sê die ANC-koalisie kan nie inwoners melk om die metro se boeke te laat klop nie.