# Die DA het sy 2026-kiesersregistrasieveldtog in Tshwane vandag van stapel gestuur voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die veldtog sluit die “BackBrink“-projek in wat ten doel het om sy burgemeesterskandidaat, Cilliers Brink, weer as burgemeester aan te stel. Die party sê sy prioriteite sluit in, om munisipaliteite reg te ruk, dienslewering te verbeter en om misdaad en korrupsie te bekamp. Kiesers word aangemoedig om op die nasionale registrasienaweek, 20 en 21 Junie, te registreer of om hul besonderhede op die Verkiesingskommissie-platform aanlyn by te werk voor hierdie deurslaggewende verkiesing.
DA skop kieserregistrasieveldtog af voor plaaslike regeringsverkiesing