# Die DA sê die onmiddellike staking van alle bedrywighede by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap is kommerwekkend. Dit volg op gewelddadige betogings by die Alice-kampus, wat daartoe gelei het dat verskeie geboue aan die brand gesteek is. Studente betoog sedert Maandag en eis dat die VSR-verkiesings in die maand gehou word, en eis ook dat die visekanselier, professor Sakhela Buhlungu, bedank. Delmaine Christians van die DA sê wettige frustrasies van studente kan nie geweld en vernietiging regverdig nie: