# Die DA in die Wes-Kaap sê die groei in die toerismeseisoen wys die uitwerking van gekoördineerde belegging, infrastruktuur en strategiese bevordering. Die 2024/2025-plesierbootseisoen het 1,32-miljard-rand tot die plaaslike ekonomie bygedra en twee-duisend werksgeleenthede ondersteun. Altesaam 83 plesierbote het vasgemeer, waarvan dit 11 se eerste besoek was. Die aantal passasiers en bemanning het met 16-persent toegeneem. Noko Masipa van die DA sê toerisme is ʼn belangrike sektor in die provinsie se ekonomiese plan: