Skip to content

DA sê werkskeppingsvooruitsigte in Gauteng in gedrang namate toerisme afneem

# Die DA in Gauteng sê die provinsie se toerisme-ekonomie is steeds swakker as die nasionale herstelneigings, ondanks sy posisie as Suid-Afrika se handels-toegangspoort. Die party sê binnelandse oornagreise het nasionaal tot 12,1-miljoen gegroei in die tweede kwartaal van 2025, ‘n jaarlikse toename van 30,7-persent. Die DA-lid Mike Moriarty sê Gauteng het egter in die teenoorgestelde rigting beweeg met ‘n daling van 39,7-persent in binnelandse oornagreise in die eerste kwartaal en ‘n verdere afname van 25,8-persent in die tweede.