# Die DA doen ʼn beroep op die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om Vincent Blennies van Boks Suid-Afrika se raad te verwyder. Hy het onlangs bedank as uitvoerende hoof van die Nasionale Film- en Videostigting ná omstredenheid oor verkwistende uitgawes onder sy leierskap by die Cannes-filmfees. Die DA sê Blennies se voortgesette teenwoordigheid op die raad ondermyn openbare vertroue en maak ʼn bespotting van pogings om integriteit en aanspreeklikheid in openbare instellings te herstel.
DA sê Vincent Blennies moet van Boks SA se raad verwyder word