# Die DA in KwaZulu-Natal sê Dinsdag se spesiale sitting van die wetgewer oor die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste het ernstige verdeeldheid in die MK-party ontbloot en groot kommer onder inwoners veroorsaak. ʼn Partywoordvoerder, Tim Brauteseth, sê die MK-party het die wetsontwerp aanvanklik verwerp, maar tog daarvoor gestem. Brauteseth sê hierdie vlak van verwarring in die geledere van KZN se hoof-opposisieparty is onthullend maar wek ook kommer:
DA sê verwarring oor KZN DORA-wetsontwerp onthul rebelse faksie in MK-party [KLANK]
ENG TimonDORABill