# Die DA sê die uitspraak teen Jacob Zuma oor sy regskoste wat deur die staat betaal word, is ʼn oorwinning vir Suid-Afrika en die beskerming van belastingbetalersgeld. Die Hooggeregshof in Pretoria het die oudpresident opdrag gegee om 28,9-miljoen-rand aan regskoste te betaal wat onregmatig deur die staat befonds is. Zuma moet die skuld binne 60 dae vereffen. Willie Aucamp van die DA sê die publiek moet ingelig bly oor die vordering om die fondse te herwin:
DA sê uitspraak oor Zuma se regskoste is oorwinning vir beskerming van belastingbetalersgeld [KLANK]
AFR AucampOnZuma