Skip to content

DA sê Suid-Afrika se nuwe elektroniese reismagtiging gee toerismebedryf ’n groot hupstoot [KLANK]

# Die DA verwelkom die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, se vereenvoudiging van die prosedure om die land binne te kom en sê dis ʼn reusehupstoot vir die toerismebedryf. Die land se nuwe elektroniese reismagtiging maak dit moontlik om aanlyn vir visas aansoek te doen, biometriese inligting op te laai en intyds goedkeuring te kry. Dit skakel lang verwerkingstye en omslagtige dokumentasie uit. Adrian Roos van die DA sê die magtigingstelsel sal sekuriteit en bedrogvoorkomingsmaatreëls verbeter:

AFR AdrianonSATourism