Skip to content

DA sê SAPD het steeds geen werkbare plan om bendegeweld op Kaapse Vlakte te stop nie [KLANK]

# Die DA in die Wes-Kaap sê die verwoestende bendegeweld op die Kaapse Vlakte in Kaapstad wys hoe dringend noodsaaklik die afwenteling van polisiemagte na provinsies is om werklike veiligheid te verseker. Meer as 200 mense is verlede maand in bendeverwante voorvalle in die provinsie dood. Lisa Schickerling van die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se bekentenis dat daar steeds geen werkbare plan is om die bendegeweld teen te werk nie, is skokkend:

AFR SchickerlingOnKillings