# Die DA het kommer uitgespreek oor die samestelling van die paneel wat benoemings doen vir die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging. President Cyril Ramaphosa het die paneel aangestel en die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sal dit lei. Die huidige direkteur, Shamila Batohi, se termyn eindig in Januarie. Glynnis Breytenbach van die DA sê daar is absoluut geen kenners van strafreg op die paneel nie. Sy sê die meeste paneellede se fokus is menseregte en staatsbestuur.
DA sê paneel vir kies van NDOV is sonder kenners van strafreg