# Die DA in Gauteng sê meer kon gedoen word om Dinsdag se verwoestende brand by die Riverlea High School in Johannesburg te verhoed. Dis die tweede brand wat vanjaar by dié skool plaasvind. Verskeie klaskamers, ʼn laboratorium en ʼn biblioteek is verwoes en meer as 300 leerders word hierdeur geraak. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê die Gautengse Onderwysdepartement het bevestig ʼn kontrakteur is aangestel om brandskade van April 2025 te herstel, maar weens begrotingsprobleme is geen werk nog gedoen nie:
DA sê meer as 300 leerders is sonder klaskamers ná brand by Riverlea High School [KLANK]
ENG SantosONFire