Skip to content

DA sê Khayelitsha-moorde ontbloot mislukkings in polisiëringstelsel

# Die DA sê die moord op drie mense in Khayelitsha oor die naweek toon die voortdurende misdaadprobleem in die Wes-Kaap en die druk op die polisie. Volgens die party het die uitgaande provinsiale polisiekommissaris, Thembisile Patekile, erken die huidige polisiëringstelsel misluk en ondersteun hy die oordrag van meer magte aan munisipale wetstoepassing om misdaad te help bekamp. Benedicta van Minnen van die DA het die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, versoek om dringend hervormings te oorweeg om die plaaslike polisiëringskapasiteit te versterk.