# Die DA sê die Stad Kaapstad se kredietgraderingsopgradering van Moody’s is ‘n onderskrywing van die metro se gesonde finansiële bestuur en toewyding aan werklike dienslewering. Die graderingsagentskap se assessering het die metro se finansiële bestuur as sterk gekarakteriseer en die goeie bestuur en ambisieuse infrastruktuurplanne geprys. Die DA se nasionale woordvoerder, Willie Aucamp, sê Kaapstad sal oor die volgende twee jaar 23-miljard-rand in infrastruktuur belê om veerkragtigheid te verbeter:
DA sê Kaapstad se krediet-opgradering is ‘n bewys van goeie bestuur en dienslewering [KLANK]
AFR WillieonMoody