# Die DA sê die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, se versoek om met onmiddellike ingang te bedank, kom te midde van ernstige vrae wat by die Madlanga-kommissie geopper is. Johnson se getuienis voor die kommissie het verlede week onder die loep gekom. Glynnis Breytenbach van die DA sê openbare vertroue in instellings wat korrupsie moet bekamp, berus op deursigtigheid, aanspreeklikheid en die gewilligheid van diegene wat met openbare verantwoordelikhede vertrou word, om aan die hoogste standaarde te voldoen:
DA sê IDAC-hoof se versoek om bedank beklemtoon behoefte aan onafhanklike teenkorrupsie-liggaam [KLANK]
ENG BreytenbachOnJohnson