Skip to content

DA sê gewese NSFAS-administrateur het nie oorhandigingsverslag ingedien nie

# Die DA sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se gewese administrateur, Freeman Nomvalo, het versuim om vir die nuwe raad ʼn oorhandigingsverslag te laat. Die party sê dis ten spyte van betaling van 5,5-miljoen-rand vir die tien maande en twee weke van sy kontrak. Die DA sê ʼn oorhandigingsverslag sou die nuwe raad kon help, gegewe die talle vrywaringsoudits en vermeende wanbestuur en korrupsie wat tot die administrateur se aanstelling gelei het. Hy sê hy sal ʼn vraag indien om die presiese terme van Nomvalo se kontrak te bepaal.