# Die DA sê die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het onthul vanaf April vanjaar is die vakaturekoerse vir dokters, verpleegkundiges en radiograwe onderskeidelik 9,4-persent, 14,2-persent en 15,7-persent. Die party sê verder die departement het gister in ‘n vergadering met die Parlement se Staande Komitee oor Begrotings erken die vakaturekoerse is onhanteerbaar. Die DA-lid, Michele Clarke, sê in Maart het die minister 27-duisend-523 vakatures in al nege provinsies bevestig, wat bestaan het uit twee-duisend-147 dokters en 16-duisend-870 verpleegkundiges:
DA sê Gesondheidsdepartement erken vakaturekoerse is buite beheer [KLANK]
ENG MicheleonVacancyRates