# Die DA-woordvoerder, Jack Bloom, sê die DA eis dat Gauteng se departement van Gesondheid nie langer van maatskappye koop wat met die Tembisa-hospitaal bande het en wat tot die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran gelei het nie. Hy sê dit is skandalig dat die ANC se tesourier-generaal in Ekurhuleni, Sello Sekhokho, 55 kontrakte ten bedrae van 14,5-miljoen-rand van die Tembisa-hospitaal ontvang het. Bloom sê die LUR is oneerlik en die DA stel streng beheermaatreëls voor om te verseker dat hospitaalkontrakte koste-doeltreffend en billik toegeken word vir die verskaffing van gehalte-gesondheidsorg.