# Die DA sê ‘n kontrak van 197-miljoen-rand vir Gauteng Verkeer se lugvleuel het die verkrygingsreëls oortree, met 156,4-miljoen-rand wat reeds betaal is. Die DA-lid, Michael Sun, sê vier amptenare word by die saak betrek, maar niemand is nog geskors of gestraf nie. Hy sê die kontrak met Simunye Air Charter is in Januarie beëindig ná bevindings deur die Ouditeur-generaal en ‘n verwysing na die Spesiale Ondersoekeenheid. Sun sê die lugvleuel is tans buite werking en Gauteng word gedwing om staat te maak op 12 geleende helikopters:
DA rig waarskuwing oor Gauteng Verkeer-lugvleuelkontrak van R197-miljoen [KLANK]
ENG SunOnAirwing