Skip to content

DA ontbloot Lesufi se ‘halfgebakte’ bakkeryskema

# Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi het in sy provinsiale rede beweer sy regering het ‘n suksesvolle township-bakkerybedryf geskep. Die realiteit is egter, alhoewel die bakkerye inderdaad die 22-duisend brode per dag kon bak soos Lesufi beweer het, kon hulle nie toegang tot die mark kry nie en nie ‘n enkele brood word verkoop nie. Die DA-lid, Nazley Sharif, sê tydens ‘n onlangse vergadering van belanghebbendes het die bakkery-eienaars wat by die skema betrokke was, aangedui ondanks die toerusting en vaardighede, is daar nog nie ‘n enkele brood gebak nie.