# Die DA in die Noord-Kaap ondersoek die Departement van Vervoer, Veiligheid en Skakeling se SANTACO-buskontrak wat hernu is, na beweerde onreëlmatighede en padwaardigheidsprobleme. Drie uit vier busse kon nie rem-inspeksies slaag nie, wat pendelaars tussen Ritchie, Modderrivier en Kimberley gestrand gelaat het. Reinette Liebenberg van die DA sê die party het kontrakbesonderhede, bewys van voldoening en prysinligting aangevra om deursigtigheid, billikheid en pendelveiligheid te verseker.
DA ondersoek SANTACO se hernuwing van buskontrak te midde van kommer oor padwaardigheid [KLANK]
AFR LiebenbergOnBusses