# Die DA in Tshwane sal ‘n mosie voor die Raad indien om munisipale swembaddens te heropen. Die swembaddens is sedert 2024 gesluit ten spyte van ‘n verligting in watertekorte. Die DA-leier in Tshwane, Cilliers Brink, sê die ander metros het nie hul swembaddens permanent gesluit gehou en inwoners, afrigters en skole se toegang ontneem nie. Hy voer aan ‘n duidelike beleid is nodig om openings en sluitings te lei en benadruk Tshwane is die enigste Gautengse-metro wat nie sy swembaddens kan oopstel nie:
DA oefen druk uit vir heropening van munisipale swembaddens in Tshwane [KLANK]
AFR-BrinkOnPoolsNUUT