# Die DA doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om te registreer om te stem, aangesien dit vandag die laaste dag van die kieserregistrasie-naweek is. Slegs korrek geregistreerde kiesers sal op verkiesingsdag, 4 November, kan stem. Die party sê enige Suid-Afrikaner wat stemgeregtig is, moet nie hierdie laaste kans misloop om te registreer nie, sodat hulle kan stem vir ‘n werkende munisipaliteit waar hulle woon. Die DA sê slegs geregistreerde kiesers het die mag in die plaaslikeregeringsverkiesing in November.
DA moedig Suid-Afrikaners aan om te registreer op die laaste dag van kieserregistrasie-naweek