# Die DA-leier John Steenhuisen sê dringende hervorming is die enigste manier om werk te skep en geleenthede te ontsluit. Hy het Maandag die ANC-beheerde Emfuleni en die DA-beheerde Midvaal in Gauteng besoek as deel van ‘n landwye toer om die party se plan uiteen te sit om die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Die plan berus op ses dringende hervormings, wat werkende plaaslike munisipaliteite en die besnoeiing van verkwistende uitgawes insluit. Steenhuisen sê die komende plaaslike regeringsverkiesings is Suid-Afrika se kans om groei, geleentheid en voorspoed met die DA te kies, of voortgesette werkloosheid en verval onder die ANC.
DA leier sê Suid-Afrika staan voor duidelike keuse: groei of verval