# Die DA in Emfuleni het die Gautengse Departement van Infrastruktuurontwikkeling gekritiseer oor die besteding van meer as 9.4-miljoen-rand aan sekerheid by die Sebokeng Rybewys-toetssentrum. Die DA-lid, Kingsol Chabalala, sê die sentrum is steeds onvolledig en opsetlike beskadiging aan die gebou is nog nie reggemaak nie. Chabalala sê omdat die projek laat vaar is, moet inwoners lang afstande reis vir lisensiedienste. Hy vra die spoedige voltooiing van die sentrum:
DA kritiseer R9,4-miljoen se sekerheidsbesteding terwyl Sebokeng-toetssentrum onvolledig bly [KLANK]
ENG-ChabalalaOnCentre